Category : Nuus

  • Jan Mouton Leersentrum

    By die geleentheid het De Villiers spesiale erkenning gegee aan die bydrae van mnr Jannie Mouton, ʼn US-alumnus, jare lange donateur en stigter van die beleggingsmaatskappy, die PSG Groep.

    Mouton het reeds in 2007 die Jannie Mouton-PSG Beursleningsprogram tot stand gebring met die opbrengs van aandele wat hy en sy maatskappy aan die Universiteit geskenk het. Sedertdien het al digby honderd studente finansiële bystand uit hierdie inisiatief ontvang.

    In 2016 maak Mouton ʼn massiewe filantropiese skenking aan die US toe hy R50-miljoen bygedra het tot die boukoste van die sentrum.

    “In totaal beloop sy filantropiese skenkings aan die Universiteit nou al veel meer as hierdie verstommende bedrag. Maar belangriker as groot somme geld is die feit dat dit studente en die bevordering van studentesukses is, wat by Jannie se skenkings baat. Dít is kenmerkend van sy skenkings aan die US en sy geldelike hulp aan studente – dat dit die versterkende mag van die hoër onderwys inspan om lewens te verander, om die wêreld te verander,” het De Villiers gesê.

    “Mense wat hom ken, weet hy is nie iemand wat roem en eer najaag nie. Hy is nie iemand vir die kollig en die rooi tapyt nie. Op tipiese wyse het hy as die grootste individuele skenker vir hierdie projek versoek dat die gebou sy pa se naam sal dra – Johannes Jacobus Mouton, of kortom, Jan Mouton.”

    Mnr Mouton het vroeër gesê dat die skenking vir hom meer is as net ʼn belegging in ʼn kontemporêre ruimte wat die leerervaring van ons studente sal verryk. “Dit is inderdaad ʼn belegging in die toekoms en voortgesette uitnemendheid van die Universiteit Stellenbosch as ʼn wêreld-gehalte leier op die gebied van hoër onderwys.”

    “My pa het ʼn bepalende invloed op my lewe gehad en ek het die allerhoogste agting vir hom. Dis om hierdie rede dat ek die Universiteit versoek het om die sentrum na my pa te vernoem. Benewens my pa is ek ook persoonlik deur mnr Warren Buffet aangespoor om ʼn positiewe verskil in die samelewing te maak – tot voordeel van die volgende generasie.”

    LEES VERDER

     

     

     

  • ONDERSTEUN PR WOEST VIR RAAD VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

    Posted February 16, 2018 By in Nuus With | Comments Off

    Universiteit Stellenbosch Raads verkiesing: Phillip Woest [BIng Meganiese Ingenieurswese, US (1979) | MBA, P.U. vir C.H.O. (1993) | Regering Sertifikaat van Bevoegtheid as Werktuigkundige Ingenieur (Fabrieke), 1988]   Beste Oud-Simonsberger, Phillip Woest (Primarius 1978) is genomineer as kandidaat vir die vulling van vakatures op die US-Raad. Ons maak staat op u stem om Phillip in die posisie te plaas om ‘n merkwaardige verskil …

    Read More...

  • Voorsitterverslag 2017

    Posted December 13, 2017 By in Nuus With | Comments Off

    (ENGLISH BELOW)   Aan alle oud Simonsbergers Ek wil hiermee ‘n groot dankbaarheid uitspreek oor die hoeveelheid manne wie hulle harte en beursies oopgemaak het die laaste 6 weke van my versoek  om 2 Simonsbergers te help met ‘n bydrae vir hulle uitstaande studenterekening. Daar was ‘n stroom van ondersteuning van die ou manne en …

    Read More...

  • Uit die pen van die inwonende hoof – 2017

    Posted December 12, 2017 By in Nuus With | Comments Off

    Die jaar is nou verby. Dis Desember op Stellenbosch en die vol weke van gradplegtighede is agter die rug. Die verkeer se ritme is anders en parkeerplek is nou minder van ‘n probleem. Die koshuis is gesluit. Verlede week nog het manne na die gradeplegtigheid hier aangedoen om ‘n foto voor die ikoniese gebou te …

    Read More...

  • Nog ‘n GROOTE groet ons

    Posted December 7, 2017 By in Nuus With | Comments Off

    Dit is met leedwese dat ons verneem van die afstrewe van Piet Schabort. (derde van links)   

    Read More...

  • Simonsberg 1st XV Rugby Fixtures 2017

    Posted May 8, 2017 By in Nuus With | Comments Off

    Simonsberg 1st XV Rugby Fixtures, Fridays, 5pm @ Coetzenburg.  Pull in, support our boytjies! Playing Eendrag this Friday. https://www.facebook.com/Simonsbergbond/ https://www.facebook.com/Simonsberg1956/   12 May: vs Eendrag 17 July: vs Elsenburg 21 July vs PSO Barbarians 28 July vs Helshoogte 4 August vs Majuba 11 August vs Wilgenhof 18 August vs Huis Visser 25 August vs Dagbreek

    Read More...

  • Simonsbergers vang graad danksy ondersteuning

    Posted March 21, 2017 By in Nuus With | Comments Off

    Dit was die ondersteuningstrukture by hul koshuis en die ondersteuning van dosente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat twee Maties in staat gestel het om deur te druk met hul eerste jaar ná lewensveranderende trauma. Vrydag (17 Maart) het dié twee US-studente en vriende, Hlumelo Nonxuba van die Oos-Kaap en AJ (Abraham Johannes) du Plooy …

    Read More...

  • MET 2017 – 10/02/2017

    Posted December 7, 2016 By in Nuus With | Comments Off

    DETAIL VOLG LATER

    Read More...

  • REUNIE 2016 IN DIE NOORDE

    Posted October 10, 2016 By in Nuus With | Comments Off

    We are planning on having a Simonsberg Reunion in Johannesburg at The Rand Club on Thursday 24 November 2016. At this stage we are trying to assess the interest for the event but potential details are as follows: Date:    Thurs 24 Nov 2016 Venue: The Rand Club, Johannesburg (If anyone is a member at The Rand Club please …

    Read More...

  • SIMON OLD BOYS GOLFDAG – 30 SEPT 2016

    Posted August 4, 2016 By in Nuus With | Comments Off

    Simonsberg Golf Dag is “confirm” vir die 30ste September 2016 by Devonvale Golfbaan 15 – 20 vierballe. Die koste p/p is R360 en sluit in golf,halfway house en platter na die golf. Afslaan tye vanaf 12h00. Kontak glochner@oldmutual.com om vier balle in te skryf Betaling word gedoen die dag by die pro shop.

    Read More...

  • Page 1 of 3123»
© 2018 Simonsberg Oudbond | Designed by SJOON